
=====================================================================
Twee Koreane verstaan toe Afrikaans (AV 7:3)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Twee Koreane verstaan toe Afrikaans

Nou't ek f.. weet genoeg hiervan gehad. Daar sal die donder weet nou stilte wees, anders is die hel vanaand los ... Is dit duidelik?

---------------------------------------------------------------------
Johan van Niekerk vertel van 'n nagtelike triomf van Afrikaans in Amerika.

DIE LSA, oftewel die Linguistic Society of America, hou elke twee jaar 'n somerskool gedurende hulle somerreses in Junie/Julie. Dis dn dat 
taalkenners van oor die wreld saamtrek om die nuutste filosofie oor die sintaksis, semantiek, morfologie en fonologie te lug en 
terselfdertyd by kollegas te toets - amper soos 'n Grand Prix - behalwe dat di soort deelnemers mechanics van 'n anderste soort is.

Vir diegene wat in tale belang stel, is dit nogal interessant om te kyk hoe gemeet en gepas word om 'n sisteem of konstruksie te kry wat 
binne 'n (nuwe ) filosofie pas. Eintlik maak dit nie veel saak nie; soos Ray Jackenhoff s, daar is soveel filosofie beskikbaar dat elkeen 
kan kies wat hom die beste pas solank daar net vrlangs 'n verband met taalghoeroe Noam Chomsky en sy Minimalistiese Program is. 
Minimalisties is mos die buzzword. In hierdie dae van maksimale rdaad, van rels tot wette, om van misdadigheid nie te praat nie. 
Minimalisties is die inding - wreldwyd - van damesmodes tot bestuurskunde. 'n Geval van hoe minder, hoe mr (die misdadiger glo hoeka 
sterk aan di filosofie, hy vat en jy sit met jou minimum).

Nietemin, di keer was die groot (teorie-) debat h om vorm en betekenis (letterlik) by mekaar uit te bring. 'n Mens sou redelikerwys kon 
aanvaar dat elke vorm (lees: woord) immers betekenis moet h, dan nie? Ek meen, hoe anders gaan mense kommunikeer? Maar by taalteoretici is 
wat voor die hand liggend behoort te wees hoeka nie sommer so nie. 'n Bank is nie noodwendig 'n bank nie totdat jy die streng 
subkategoriseringsrels wat paradigmas onderl, onder die knie het.

Van kommunikeer gepraat - waarby ek eintlik wil uitkom, is die krag van Afrikaans.

Sherman Hall, een van die koshuise op die kampus van die Universiteit van Illinois, lyk maar soos enige gebou van 32 verdiepings - glas en 
beton - maar het die eienaardigheid dat elke hoek 'n vorm van trosbehuising is - 'n eenheid bestaande uit drie kamers en 'n gemeenskaplike 
badkamer. Oulik, as jy en jou twee bure die slag plle is, hel andersins.

My twee maters was Koreane - volgens die visitekaartjies teen die deur glo verbonde aan die ambassade. Wat hulle missie was, weet ek nie, 
want ek het hulle selde gesien. Wanneer ek opgestaan het, het hulle gaan slaap en omgekeerd. Nietemin, hul inkomtyd was tussen twintig voor 
een en twintig voor drie elke oggend. Ek weet, want elke oggend het hulle met die grootste fanfare denkbaar aangekom. Deure is oopgestamp 
en toegeklap, toilette het gespoel, die stort het gestort, koffie is gebrou, die televisie het gerumoer en lekker (blitsig) is in Koreaans 
oor die gang heen gekoukus.

Eienaardig, die tale uit die Ooste klink kompleet na 'n brousel rap agterstevoorom.

Die ergste vir my was die tandeborselritueel. Nadat die tande geborsel en die mond uitgespoel is, is met mening gegorrel. Fonolo sou 'n 
aardige tydjie kon h met die beskryf en omskryf van daardie gutturale klanke.

Daar het dit egter nie opgehou nie. Dan het gevolg die skraping van die nasale kanale, 'n geluid wat sterk herinner aan di van 'n turbo-
enjin wanneer die nbrander inskop - net in reverse - amper soos in ons kinderdae wanneer jy 'n lekker vet pil trek net voor jy tussen die 
tande deur laat waai!

'n Week of wat kan mens dit hanteer in die hoop dat daar iewers uitkoms sal wees - soos die Skrif s, leef en laat leef. Later trek dinge 
skeef, llik skeef.

Ek is die betrokke aand vroeg bed toe met 'n hoofpynpil en het vas geslaap tot so halfeen toe die geraas weer begin. Di keer had ek 
genoeg.

Terwyl die rumoer buite woed, ruk ek die kamerdeur oop, gaan staan in die gang en bulder op suiwer, ongebreidelde Afrikaans (my Engels is 
om halfeen die nag nie te waffers nie en my Koreaans ng slegter): "Nou't ek f.. weet genoeg hiervan gehad. Daar sal die donder weet nou 
stilte wees, anders is die hel vanaand los ... Is dit duidelik?" Die laaste frase is in fortissimo.

Ek stamp die toiletdeur oop, klap dit so hard ek kan agter my toe, laat die toilet 'n paar keer spoel, laat die stort stort, loop weer uit 
en slaan toilet- en kamerdeur toe dat die kosyne bewe.

Die wonder gebeur: daar heers 'n vreemde stilte. Alles is meteens grafstil en pikdonker, soos dit om halfeen in die nag hoort.

Ek l en luister na die Amerikaanse naggeluide - krieke, iewers in die veld om Champaign, die universiteitsdorp. Ek glimlag. Darem 'n 
kragtige taal di Afrikaans. Wonder wat die klomp linguiste oor die kommunikatiewe aard van ons taal sou s as ek hulle vertel. Ek meen 
nou, as wildvreemde Koreane in Amerika sonder slag of stoot Afrikaans kan verstaan, mt dit 'n besondere taal wees, nie waar nie? Tyd, sou 
ek reken, dat die SABC bykom.

Daarna kon ek deurslaap. Prof. Johan van Niekerk is verbonde aan die Departement Taaldinamika van die Technikon Pretoria.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7323.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Julie 2000 /// Om vir moedertaal te stry of nie (AV 7:3) /// Terugblik 
op die grootste kunstefees (AV 7:3) /// Vlytige voorstander van veeltaligheid (AV 7:3) /// Forum vir openhartige debat (AV 7:3) /// Komrij 
blues (AV 7:3) /// Afrikaans as skakel na die buiteland (AV 7:3) /// Groot tjek vir stoepplesier (AV 7:3) /// Nuwe hoop vir ongeletterde 
plaaswerkers (AV 7:3) /// Behou diversiteit in globaliseringsproses (AV 7:3) /// Vennootskap van inheemse tale is prioriteit (AV 7:3) /// 
Carl Niehaus het in Nederland gebou (AV 7:3) /// Vele koppe maak puik planne (AV 7:3) /// ET blues (AV 7:3) /// Nuwe speler op die taalveld 
(AV 7:3) /// Talle faktore gryp in universiteitstaal in (AV 7:3) /// Tussen Scylla en Charybdis deurvaar (AV 7:3) /// Ver gemeenskappe se 
leiers leer sakevernuf (AV 7:3) /// Hansie blues (AV 7:3) /// Twee letterkundiges in gesprek (AV 7:3) /// 'n Bloeityd in die reklamebedryf 
(AV 7:3) /// Woordeboeke gee leerproses woema (AV 7:3) /// Nuwe toevoeging tot woordeboeklys (AV 7:3) /// Twee Koreane verstaan toe 
Afrikaans (AV 7:3) /// Studente wil in Afrikaans feesvier (AV 7:3) /// Afrikaans word in toneelwreld nuut gespel (AV 7:3) /// Jou 
Afrikaans is redelik goed! (AV 7:3) /// Privaatgesprek (AV 7:3) ///

